Foto van die Week

Maak reg vir see van clivias
’n Gesig wat niemand vanjaar moet misloop nie, is Hendrik en Susan Schoeman van Volmoed se cliviatuin wat pas begin blom het! Daar is meer as 30000 plante in dié tuin, waarvan sowat 4000 verlede jaar geblom het. Die Schoemans kweek al 20 jaar clivias. Die kleure wissel van rooi, oranje, geel tot ’n byna wit. Hulle nooi die publiek om vanaf volgende Woensdag (12 September) te kom kyk. Navrae: Susan by 084 258 9807.  Foto Angelique Erasmus