Eerste glans-ibisse in die Klein Karoo? Volgens die voëlkenner Reinderd Visser is dié waarnemening van glans-ibisse (glossy ibis) die eerste waarvan hy weet in die streek. Die foto’s is deur ’n vriend van Reinderd (wat anoniem wil bly), geneem in die lusernlande net links van die pad voor die Olifantsrivierbrug op pad George toe. Die boer was ten tye van die neem van die foto’s besig met vloedbesproeiing. Ibisse is algemeen in die Klein Karoo, maar dan die hadeda en die skoorsteenveër (sacred ibis). Die glans-ibis verskil van die hadeda deur die glans en die roeskleur op sy vlerk in teenstelling met die gryser vlerk van die hadeda.