Melanie Verlinde in aksie tydends die CrossFit Games se semifinale in Vanderbijlpark in Mei
vanjaar waar die top 40 mans en vroue van Afrika deelgeneem het. Hier is sy besig met die
eerste oeffensessie van die naweek waar hulle 5 rondtes van 800 m hardloop en dan 10
“Clean & Jerks” met 57 kg so vinnig as moontlik (vir tyd) moes doen. Melanie het die 5 rondtes
in 27:11 voltooi en dit het haar in ’n baie goeie 15de plek geplaas op dag 1 van hierdie kompetisie.
Foto: Rebel Renegade Games