Nadat die Oudtshoorn Gholfklub se huurkontrak met Easy Go vir die voorsiening van gholfkarretjies op 1 Julie vanjaar verval het, was daar slegs twee karretjies te huur van privaatspelers by die klub.
Goeie nuus vir gholfspelers is dat die gholfklub weer vyf karretjies aangeskaf het vir die verhuring aan spelers. Die fooi vir die huur per karretjie vir ’n rondte gholf beloop R250 vir lede en R300 vir nie-lede.
Volgens Jurie Neetling, ’n bestuurslid van die Oudtshoorn Gholfklub, huur die klub die karretjies weer van die maatskappy, Easy Go, in George. Na gelang van die behoefte van spelers is daar ’n moontlikheid om nog karretjies vir die klub te huur. (Deur Lindi Brill)
Nuwe karretjies vir Oudtshoorn Gholfklub
Drie van die vyf splinternuwe gholfkarretjies wat weer by die Oudtshoorn Gholfklub vir spelers beskikbaar is.
Foto: Verskaf