Foto van die Week
Die “dubbele driwwe “ is naby die Kammanassiedam geleë, en is uniek vir die feit dat hierdie kanale in die rooi konglomaraat heuwels reeds gebou is in die 1920’s en steeds die besproeiingwaters vervoer na die plase van die Klein Karoo. Die pragtige foto is met ’n hommeltuig deur Etienne Jansen van Rensburg geneem. Dit is werklik ’n ongelooflike plek. Die rooi van die heuwel, blou lug en groen riete is prentjiemooi. Foto: Etienne Jansen van Rensburg