Foto van die Week: 25 Januarie 2024
Hierdie besonderse foto is sowat twee weke gelede deur ’n inwoner van Rosevalley in Oudtshoorn, Jeswin Julies geneem. Die kontras tussen die donker reënwolke, met die son en skaduwee is asemrowend mooi. Julies vertet dat hy baie lief is vir die natuur. Hy het die foto geneem die oomblik toe hy opkyk en die pragtige lig sien, en moes dit net met ander op Facebook deel.
Foto: Jeswin Julies