Foto van die week: 25 April 2025
Juffrou Anine de Bod van Hoërskool Oudts-hoorn, abba vir Mushadene Bede nadat sy Saterdag tydens die KKS Gimmies-sporttoernooi haar knie op die netbalbaan seergemaak het. Bede kon nie op haar been trap nie en moes nadat sy deur mediese personeel gehelp is, ’n hele ent na die bussie loop, toe De Bod haar sommer op haar rug tel en na die bussie toe dra.
Foto: Angelique Erasmus