Die perfekte foto op die perfekte oomblik vasgevang. Die lewe is soos hierdie uitsonderlike foto....soms moet jy aanhou en uithou en weer probeer tot jy dit vasvang. En dan is die eindproduk so ongelooflik, en nog beter as wat mens voor kon hoop. Die foto is Sondagaand geneem tydens die donderweer skouspel wat om Oudtshoorn te sien was. Dit het niks minder as sowat 200 foto’s geneem om hierdie perfekte een uiteindelik vir ewig vas te vang en te kan deel met die res van die Klein Karoo nie.
Foto: Danine van der Walt