Foto van die Week
AMS Nooddienste het Dinsdagmiddag noodvoorraad ingevlieg na Kango Bergoord, buite Oudtshoorn vir 72 kinders van Aliwal Noord Primêr tesame met 10 volwassenes, wat in die vloedwater vasgekeer was. Die water wat uit die dam gevloei het na die oorstromings, het veroorsaak dat die groep leerders, saam met hul onderwysers nie oor die rivier kon kom nie. Hulle is Woensdag weer veilig uit, en kon die rivier oorsteek. Foto: Angelique Erasmus