Foto van die Week
Die African Grey baba, Angel, sê vir haar ma dat dit tyd is vir pap. Die baba is tans 12 weke oud en baie naby aan speen. Hulle is ook een van die gewildste voëls om aan te hou as ’n troeteldier omdat hulle woorde wat hulle gereeld hoor kan aanleer. Angel het onlangs haar eerste woord gesê naamlik “Hallo”. Die voëlspesie leef tussen 40 en 60 jaar. Hulle word as een van die slimste papegaaispesies beskou en kan tot 100 woorde aanleer. Foto: Angelique Erasmus