Foto van die Week
Die foto van hierdie pragtige toneel met twee kameelperde is Dinsdagoggend by Buffelsdrift 5 km buite Oudtshoorn geneem. Kameelperde het kleurvisie, en kan goed hoor en ruik. Hulle kan hul neusgate toemaak om hul teen miere en sandstorms te beskerm. Die beweegbare tong is donkerpers, ongeveer 45 cm lank en word gebruik om blare mee te gryp asook om die kameelperd se gesig mee skoon te vee. Foto: Zelona Fourie