Foto van die Week
Water is lewe. Hierdie kanaal is heerlik vol nadat water onlangs uit die damme vir boere gelaat is. Die bekende fotograaf en kranige fietsryer, Hans van der Veen het die mooi foto gekiek tydens een van sy oefensessies, naby De Zeekoe, net buite Oudtshoorn.
Foto: Hans van der Veen