Foto van die Week

Raak betrokke by vanjaar se ReWolusie projek. Daar word beoog om komberse te oorhanding aan die ‘67 minutes’ projek. Oudtshoorniete kan vierkante hekel of brei. Die vierkant moet 8 cm x 8 cm wees, en sal dan aanmekaargewerk word om komberse te maak of volledige komberse kan ook gehekel of gebrei word, wat aan liefdadigheid geskenk gaan word hierdie winter. Wol word verskaf. Kontak gerus vir Daleen Witbooi by die KKNK-kantoor (044 203 8600 of info@kknk.co.za) vir meer inligting. Foto: Angelique Erasmus