Foto van die Week

Die verwelkomingskommitee. Klara die St Bernardhond loer gereeld vir haar gesin en besoekers bo-oor die bodeur van die voordeur. Soms is sy so oorstelp om haar mense te sien dat sy hul skoon blok om by die deur in te kom. Sy het ook al vir menigde skrikke en afskrikke gesorg. Is daar nog iemand in Oudtshoorn wat ook ’n St Bernard besit? Foto: Angelique Erasmus