Foto van die Week
Inwoners het seker al gereeld vir Stephanie Groenewald gesien stap in die oggende met haar honde in Parkweg. Die Golden Retriever (links) se naam is Anja en die Maltees/Pikniese kruisings se naam is Elvis. Sy vertel dat sy glo ’n hond is nie net daar om kos te kry nie, hulle is deel van jou familie. Sy en haar man het ’n ruk gelede na Oudtshoorn getrek en hier kom aftree vanaf hul plaas in Laingsburg. Foto: Angelique Erasmus