Foto van die Week
Klassique bring vreugde, mooi musiek en jeugdige geesdrif na die Klein Karoo!
Vreugde, mooi musiek en jeugdige geesdrif was vanjaar een van die kenmerke van die 13de Klein Karoo Klassique wat oor die langnaweek op Oudtshoorn aangebied is. Hier is lede van die Nasionale Jeugorkes wat in produksies by die fees opgetree het - met die berge van die Klein Karoo in die agtergrond!
Foto: Hans van der Veen