Foto van die Week: 20 September 2024
In volle blom – niks kondig lente so mooi aan soos nuwe bloeisels nie. Amandelbome van Origin Plaas in Matjiesrivier blom ’n hond uit ’n bos uit – of is dit ’n bloeisel uit ’n boom uit. Foto’s van die boorde met die majestueuse Swartberge as agtergrond is deur George Nel gestuur. Nuwe lewe in die heerlike lentetyd. Foto: George Nel