Foto van die week: 17 April 2025
16 Ruiters en hul perde het Sondag die Montagupas, vanaf George aangepak, en sowat 20 km afgelê. Die pad het erg verspoel en is nie per motor, of selfs ysterperd begaanbaar nie, maar die perde het die terrein maklik kafgedraf. Die rit is gereël deur Lize Coetsee van Garden Route Horse Trails. Afgesien van lekker reën, was die uitsig steeds asemrowend. Foto: Angelique Erasmus