Na die lekker feesgedruis van die KKNK het Gucci, die Boston Terrier besluit dis tyd vir ’n welverdiende blaaskans – en waar beter as by die pragtige Louvain Guest Farm?
Hier staan dié styl-volle viervoetige diva, geklee vir die ge-leentheid, rustig tussen die groen velde en sagte mis – ’n perfekte prentjie van rus en herstel ná ’n besige week. Louvain is nie net ’n toevlug vir moeë feesgangers nie, maar ook ’n asemrowende plek waar droomtroues gebeur, waar natuur, rustig-heid en styl saamkom om spesiale oom-blikke onvergeetlik te maak.
Gucci wys sommer: selfs ná ’n groot fees moet mens (en hond!) soms net bietjie wegkom, asem skep en die mooi van die Langkloof, net 50 km vanaf Oudtshoorn geniet.
Foto: Angelique Erasmus