50 jaar gelede – die eerste sooi vir die kerkgebou van die NG Gemeente Oudtshoorn-Suid word op 6 Maart 1968 deur ds WC de Swardt gespit. (Foto verskaf.)
DIE NG Gemeente Oudtshoorn-Suid herdenk Sondagoggend, 13 Oktober 2019, die 50ste bestaansjaar van hul kerkgebou.
Die prediker by die geleentheid is een van die gemeente se oud-predikante, ds Abrie Botha (1983 – 1989).
Voor die erediens gaan ’n oud-lidmaat, Piet Cronjé, kortliks vertel wat 50 jaar gelede met die ingebruikneming van die kerkgebou gebeur het.
Tydens die erediens sal ook klankopnames van die ingebruikneming van die kerkgebou 50 jaar gelede gespeel word.
’n Interessante foto-uitstalling sal in die kerk se voorportaal besigtig kan word.
Na die erediens word ’n gedenksteen onthul en die verjaarsdagkoek gesny en saam met tee en koffie bedien.
’n Gedenkkoffiebeker met die kerk se embleem kan teen R120 by die kerkkantoor bestel word (tel 044 279 1900).
Alle lidmate, oud-lidmate en belangstellendes word genooi om die 50 jaarviering Sondagoggend om 09:00 in die kerkgebou by te woon.