Museums ontvang bydrae van Departement Kultuursake en Sport

Lionel Tait van Oudtshoorn ontvang namens die trusteeraad van die CP Nel Museum ’n finansiële bydrae van Anroux Marais, Wes-Kaapse Minister van Kultuursake en Sport. Foto verskaf

Lionel Tait van Oudtshoorn ontvang namens die trusteeraad van die CP Nel Museum ’n finansiële bydrae van Anroux Marais, Wes-Kaapse Minister van Kultuursake en Sport. Foto verskaf

DIE Wes-Kaapse Minister van Kultuursake en Sport, Anroux Marais, het gister (1 Junie 2017) seremoniële tjeks aan nege Wes-Kaapse museums tydens die jaarlikse museumsimposium in Kaapstad oorhandig. Die CP Nel Museum op Oudtshoorn en die Fransie Pienaar Museum op Prins Albert is twee van dié museums.

Die CP Nel Museum sal befondsing van R461 640 van die departement ontvang en die Fransie Pienaar Museum R46 796.

Die departement is die primêre befondser van die meeste provinsiale museums in die provinsie en lewer so ’n bydrae dat die museums nog hul deure kan oophou.

“Ons museums speel ’n belangrike rol om respek en begrip vir die kulturele diversiteit in die provinsie aan te moedig,” het Marais gesê. Sy het die museums se personeel bedank vir hul bydrae.