
Een van die maniere waarop Kinderbeskermingsweek (28 Mei tot 4 Junie) op Oudtshoorn gevier word, is met dié poppekas van Famsa Karoo en die Departement Maatskaplike Ontwikkeling wat kinders inlig hoe om na hul eie veiligheid om te sien. Hier sit leerders van De Villiers Primêr gister vasgenael en kyk na die poppe se manewales. Die poppekas het ook Saturnus Primêr besoek en op die dag altesame 1 180 kinders bereik. Foto: Ilze-Mari Gründling