Deur Wyndham Ewerts
OM 20 jaar in enige besigheid staande te kan bly is geen maklike taak nie. Juis daarom kan ’n mens nie anders as om Agnes Maarman, eienaar, te bewonder vir dié prestasie nie.
“Ek het my deure in 1997 in Springbokweg in Bridgton geopen.
“In 2010 het ek geskuif na waar Edgars nou geleë is en in 2014 na die besige Adderleystraat waar ons tot vandag is.
“Loma’s Hair Boutique is vernoem na my dogter, Loma,” vertel ’n stralende Agnes.
Die salon is sedertdien opgegradeer met verfwerk, stewige veiligheidshekke en fraai teels.
Loma’s Hair Boutique spesaliseer in die kleur van hare en gebruik toerusting soos krultange en ’n ceramic GHD straightener vir kliënte se hare. Hulle spog met ’n wye reeks produkte soos Ladine/ Indola/Schwartzkopf.
“Loma’s Hair Boutique wil graag die breë Oudtshoorn-gemeenskap en ons lojale kliënte bedank vir hul ondersteuning, en hoop om selfs nog ’n verdere 20 jaar saam met hulle te stap.”
Die salon is Dinsdae tot Vrydae van 09:00 tot 17:00 en Saterdae van 07:30 tot 14:00 oop, met ’n gratis koppie koffie en tee vir kliënte.
Loma’s Hair Boutique se groot verjaarsdag-bash is dié naweek en kliënte kan hope spesiale aanbiedinge verwag.