VANDAG, 28 September, is Internasionale Hondsdolheidsdag, en inwoners van Oudtshoorn kan hul honde en katte vandag gratis laat inent teen hondsdolheid.
Inentings word by die kantoor van die Staatsveearts in Van der Rietstraat in Oudtshoorn gedoen.
Jy kan jou diere na dié kantoor neem tussen 07:30 en 18:00.
Meer besonderhede verskyn op die advertensie regs.
Die inentingsdag is ’n inisiatief van die Wes-Kaapse Departement van Landbou.