Kom help saam, vra Calitzdorp-diereliefhebbers

10 diere our mommy
DIE Klein Karoo Dierebeskermingsvereniging (KAPS) het saam met ’n groep Calitzdorp-inwo­ners besluit om die lot en lewensomstandighede van die dorp se troeteldiere te probeer verbeter.

Die groep doen ’n beroep op alle besorgde inwoners vir hulp met dié groot projek.
Vrywilligers word benodig om te help met klinieke, fondsinsameling, opleiding en gesondheidsorg. Bereidwilligheid van enige persoon om te help, sal hoog op prys gestel word. Alle idees sal van groot waarde wees.

Die volgende word benodig: ongebruikte gesondheids- en diereprodukte/medikasie; hondehokke/kratte vir skuilings/mandjies; ou matte/rubbermatte; hout of staalplate; kos/waterbakke; leibande/nekbande.
’n Eerste vergadering waarby almal welkom is vind Donderdag, 29 Junie, plaas. Kontak Juanita (044 213 3679 of 084 397 8287) of Karen (044 213 3041 of 084 603 6393) vir inligting.

Kontantbydraes kan inbetaal word by: KAPS (Absa, rekeningnommer 405 604 8870; takkode 334813). Sms betalingsbesonderhede ook na bogenoemde nommers.