Johanné de Jager (links) en Monique Stöck is twee van die talle diereliefhebbers wat al vandag met die honde van die Oudtshoorn Diereskut gaan stap het. Inwoners van Oudtshoorn en selfs die Tuinroete het opgedaag vir ’n Honde- en Markdag by die skut en vir die honde die geleentheid gebied om uit hul hokke te kom en aan ’n leiband te gaan stap.
Vir diegene wat nog nie vandag daar was nie – die dag hou tot 15:00 aan en daar is baie honde wat wag op diereliefhebbers om hulle oefening en aandag te gee. Neem indien moontlik jou eie leiband(e) saam.