DRIE pragtige miniatuur Shetlandponies is op soek na goeie huise met baie liefde en kos.
Die ponies, ’n wit en ’n bruin merrie en ’n wit hings, is tans by die Oudtshoorn Diereskut.
Hulle is al drie ouer as drie jaar.
Die skut vra nie ’n aannemingsfooi nie, maar wel ’n donasie wanneer ’n aannemingsvorm vir ’n dier ingevul word.
Shetlandponies is ’n Skotse perderas vanaf die Shetland Eilande wat gemiddeld tussen 70 cm en 110 cm hoog is vanaf hul hoewe tot die begin van hul nekke, baie intelligent en kan tot 30 jaar oud word. (Deur Angelique Erasmus)