Visser gebruik “donker humor” in nuutste boek om lig op beurtkrag te skyn

Bekende Oudtshoorniet, Hannes Visser, het sy tweede boek amptelik Donderdagaand (1 Junie) op Oudtshoorn bekendgestel tydens ’n intieme geleentheid. Die boek, getiteld Donkirbedônirt, gebruik volgens Visser donker humor om die ernstige kwessie van beurtkrag in Suid-Afrika bietjie ligter te maak.

Gelukkig het beurtkrag nie die bekendstelling onderbreek nie. Foto: Stefan Skapie Goosen