Kanker-oorwinnaars van die Klein Karoo het Saterdag (3 Junie) op Oudtshoorn bymekaar gekom as deel van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se herdenkingsdag vir diegene wat die stryd teen kanker oorwin het. Hierdie dag word wêreldwyd herdenk.
Adri Odendaal van die plaaslike Kansa Klein Karoo en Suid-Kaap-tak sê dat hierdie dag so belangrik is omdat, om kanker te oorleef, ’n groot saak is vir mense wat daarmee gediagnoseer word.
“Ons het vir al die oorwinnaars ’n lekker middagete gereël, en om saam te kan lag en gesels en jou oorwinning oor kanker te vier is baie spesiaal. Elkeen het ook ’n geskenkie ontvang.” (Deur Stefan Skapie Goosen)
Kanker-oorwinnaars vereer en bederf
Adri Odendaal (heel links) van die plaaslike Kansa-tak saam met oorwinnaars van kanker. (Foto verskaf)