Langenhoven Gimnasium se eerste Revue was ’n reusesukses.
25 Akteurs, dansers, sangers en musikante het aan hierdie toneelstuk, geskryf deur Mel – die storie verteller, deelgeneem.
Die opvoering het op Woensdag 31 Mei by die skool plaasgevind.
Daar was ook sewe leerders wat hard agter die skerms gewerk het om te sorg dat die aand seepglad verloop en agt onderwysers van die skool wat die kinders help afrig het.
Oudisies is reeds einde 2022 gehou, en oefen aan die stuk het vanjaar in Februarie begin.
“Ons wou graag ’n platvorm begin waar ons nuwe talent kan ontgin en leerders die kans bied om dit uit te leef,” het Ellari Campbell, een van die agt onderwysers betrokke by die revue aan Die Hoorn vertel.
Langenhoven Gimnasium hou heel eerste Revue
