Peet Vermaak van Oudtshoorn se eerste digbundel, Kambro Kind, is verlede Vrydagaand by ’n kersligaand by Beans About Coffee bekendgestel. Vermaak, wat skryf onder die naam Petrus JS Vermaak, is ’n 2019 Ingrid Jonker: La’Art Poétique-finalis. Die bundel word bestempel as ’n “nostalgiese woordreis deur die Klein en Groot Karoo”. Die bundel sal ook op De Rust en Prins Albert beskikbaar wees met bekendstellings by van Oudtshoorn se ouetehuise en aftreeoorde. Dit kan bestel word by 0710570636 of pjsvermaak@outlook.com. Foto: Schalk le Roux