Vragmotor loop in skoolmuur vas

‘n Muur by die Laerskool Van Reede was die slagoffer kort gelede toe ‘n munisipale vragmotor wat in Hoogstraat op Oudtshoorn geparkeer was, aan die loop gegaan het.

Die vragmotor het sowat 100 m verder teen die muur tot stilstand gekom het. Volgens die bestuurder het hy in Hoogstraat geparkeer om ‘n gat oorkant Metro City Protection Services reg te maak, en was die handrem van die vragmotor wel opgetrek.

‘n Passasier wat in die vragmotor was, het uitgespring toe dit begin loop het. Niemand is ernstig beseer nie. (Foto en berig: Angelique Erasmus)