Gerhard net-net voor Bianca by eindpunt

Rozanne Theart wat haar 50ste Parkrun gehardloop het.

GERHARD van Lill en Bianca Malan was onderskeidelik die vinnigste man en vrou van die 94 drawwers en stappers wat Saterdag aan die 242ste Oudtshoorn Parkrun by Surval deelgeneem het.
Van Lill moes alles uithaal om eerste oor die wenstreep te kom. Sy tyd van 22 min 47 sek was slegs vier sekondes vinniger as Malan (22:51) s’n.
Newald Groenewald was derde in 23:33.
Rozanne Theart (24:46), wat algeheel in die sesde plek klaargemaak en ook haar 50ste Parkrun gehardloop het, was die tweede vrou met Tarren Jullies (26:58) derde.
Die ander vinnigste deelnemers was Bongani Khumalo (24:08), Christo Theart (24:14), Ru-dolph Clench (24:50), Francois le Roux (25:20), Leon Lareman (25:51), Johann Coetzer (25:54), Mathys Myburgh (26:31), Graham Weir (26:35), Shane Claassen (26:53), Malvin Baloyi (27:14), John Langley (27:15), Fiona Weir (27:48), Jacques Jacobs (27:50), Bart Saaiman (28:07) en Conrad Jullies (28:22). (Deur Garnett Wicomb)