Tannie Evita kry vryheid van Oudtshoorn!

Die Vryheid van Oudtshoorn is op 10 April as deel van vanjaar se KKNK onder groot blyke van belangstelling deur Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester, aan Evita Bezuidenhout oorhandig. Die oorhandiging het op die Queen’s Hotel in Baron van Reedestraat se balkon plaasgevind. Tannie Evita is vrolik verwelkom deur feesgangers en inwoners toe sy saam met die uitvoerende hoof van die KKNK, Rhodé Snyman, in ’n oop motor onder begeleiding van twee motorfietsryers van die SANW opgedaag het. Die SANW-koor het die geleentheid afgesluit met die volkslied.