Pad gee skielik mee onder bakkie

Die yslike slaggat wat in St Johnstraat ingeval het en waarin Wynand Kühn se Bantambakkie beland het. Die bakkie moes later deur JR Towing uitgetrek word. Foto: Ilze-Mari Gründling

Die yslike slaggat wat in St Johnstraat ingeval het en waarin Wynand Kühn se Bantambakkie beland het. Die bakkie moes later deur JR Towing uitgetrek word. Foto: Ilze-Mari Gründling

Deur Ilze-Mari Gründling
’N JONG inwoner van Oudtshoorn, Wynand Kühn (22), het gister groot geskrik toe die teer skielik onder die wiele van sy bakkie in St Johnstraat meegegee het.
“Ek het gevoel iets beweeg onder die bakkie en skielik val die teer in. Ek het nie gedink so iets sal met my gebeur nie.

“Dit was baie onverwags en my bakkie is nou beskadig as gevolg daarvan.”
Volgens omstanders het ’n ondergrondse waterpyp na bewering gebars en so die teer verswak.
’n Inwoner van St Johnstraat, Kobus van Vuu­ren, sê die agterkant van die bakkie het in die lug gestaan nadat dit in die gat geval het.

“Ek het gesien hoe die teer onder die bakkie ingee. Die agterkant van die bakkie het opgelig.”
Japie Reinhardt van JR Towing het die Ford Bantambakkie uit die gat gesleep.

Die Hoorn het oor ’n soortgelyke voorval op 30 Maart 2017 berig nadat die teer van Swartsingelstraat onder ’n klein trok meegegee het.