Pryswenner 2004

Oor die afgelope dekades het Die Hoorn vele pryse by landwye kompetisies van die gemeenskapspers gewen. Een van ons wenfoto’s was dié een van Thabo Mbeki, voormalige president van Suid-Afrika, wat Oudtshoorn in 2004 vir die KKNK besoek het. Dié foto van Mbeki, wat ’n paar volstruisleerskoene tydens sy besoek ontvang, is dieselfde jaar aangewys as die wenfoto in die afdeling vir portrette. Die foto is geneem deur Schalk le Roux.