Lorraine van Vollenstee (links) en Charlotte Fernhout het Donderdag, 18 Julie, die 2019 vroueparetrofee van Oudtshoorn Rolbalklub ingepalm. Hul het hul teenstanders oortuigend verslaan. (Foto verskaf.)

Reën en ysige winde kon Saterdag nie die driebalspan bestaande uit van links Hannette Bekker (skipper), Helena Wagener en Christa Hanekom verhinder om die vrouedriebaltrofee van die Oudtshoorn Rolbalklub te wen nie. (Foto verskaf.)