Kean Dalton, ’n leerder van die Laerskool Wesbank, het deel-geneem aan die Suid-Afrikaanse padfietskampioenskap wat op Saterdag en Sondag, 22 en 23 Junie, in Durban plaasgevind het. Hy het die derde plek behaal in die ouderdomsgroep seuns o.11 in ’n tyd van 44 min 38 sek.