Midas Oudtshoorn borg eerste o. 13-rugby- en netbaltoernooi

Bo: ’n Groepsfoto van al die netbal- en rugbyspanne wat aan die toernooi deelgeneem het. Foto’s: Lindi Brill Onder: Sacred Heart het die Rugbytrofee gewen. Heel onder: Van Reede se netbalspan was die wenners van die netbaltrofee.

Oudtshoorn Midas was die trotse borg van die eerste 0. 13-rugby- en netbaltoernooi wat die afgelope Saterdag op Laerskool Van Reede se sportvelde plaasgevind het.

Ses laerskole van Oudtshoorn; De Villiers Primêr, Saturnus Primêr, Van Reede, Colridge Primêr, Bergsig en Sacred Heart, het aan die toernooi deelgeneem.

Die wenners van die rugbytoernooi was Sacred Heart en die netbal is deur die span van Van Reede gewen. Mbali Modise van Van Reede-skool, is as speler van die netbaltoernooi aangewys. Die rugbyspeler van die toernooi was Diego Jonathan van Sacred Heart. “Dit is vir ons as verskaffers ’n groot eer om hierdie toernooi in Oudtshoorn te begin en te borg,” het John Hahn, nasionale kleinhandelverkope-spesialis van Midas gesê.

Midas het ook van die pryse van die potjiekoskompetisie wat Saterdag, 19 Oktober by
Eljada-Kairos skool vir gestremdes plaasgevind het, geborg.

Hierdie kompetisie was ten bate van die skool se fondsinsamelingsprojek.

Twaalf spanne het hul beste potte voorgesit en meegeding vir die eerste plek. Johan Breunissen en sy span se volstruisstuitjie-pot is gekies as die beste van die dag. Daar is ook weer ’n boeresportkompetisie aangebied wat gesorg het vir groot pret.

Diego Jonathan van Sacred Heart het die rugby se Speler van die Toernooi trofee gewen.

Mbali Modise van Van Reede wat die Speler van die Toernooi trofee gewen het saam met John Hahn (links) en Jacques Barry van Midas.

Die wenners van die potjiekoskompetisie by Eljada-Kairos met hul pryse van Midas is, van links: Johan Breunissen, Jan Rupping, Tiaan Pepper, John Hahn (Midas) en Zihan Breunnissen (voor). Foto: Verskaf