Jukskeispelers gekies vir Eden-span

Die spelers van Oudtshoorn Jukskeiklub wat Edenkleure verwerf het is, van links: Shawn Botes, Echbert le Roux, Hercules Kritzinger en Magda Davel. Foto: Verskaf

Die Oudtshoorn Jukskeiklub het op 12 Oktober aan ’n ligatoernooi in Hartenbos deelgeneem.

Daar het vier spanne deelgeneem wat baie goed gevaar het. Die B-span het 5de plek behaal, terwyl die C1-span 2de plek behaal het. Die C2-span het 5de geeïndig en die C3-span was 4de in hul onderskeie groepe waarin hulle deelgeneem het.

Florine Zeeman, Isam van Tonder, Magda Davel en Ivan Ellis is as die spelers van die dag aangewys.

Vier van Oudthoorn Jukskeiklub se lede is dan ook in die Eden-spanne opgeneem. Shawn Botes, Echbert le Roux, Hercules Kritzinger en Magda Davel gaan op 26 Oktober aan die Interdistrik- toernooi in Riversdal deelneem.

Jossie Nel en Johan Ruthen is gekies vir die Eden Uitnodigingspan wat ook op 26 Oktober aan die Interdistriktoernooi in Riversdal gaan deelneem. Hierdie span is uitgenooi om aan die toernooi deel te neem, maar het nie Edenkleure verkry nie. (LINDI BRILL)