
Die Dust 4 Glory (D4G) hindernisuitdaging het verlede Saterdag, 19 Oktober by Wilgewandel in Schoemanshoek buite Oudtshoorn plaasgevind.
Dit was die vyfde D4G-uitdaging wat aangebied is wat dit die top hindernisbaan-uitdaging in die Tuinroete en Klein Karoo maak.
Daar was verskillende afdelings waaraan die deelnemers individueel of in spanverband kon deelneem.
Die wenners in die verskillende afdelings was: Pro-uitdaging vir mans – Aubrey Makhubo; Pro-uitdaging vir vroue – Nancy Cloete; Medium-uitdaging vir mans – Ethan Voigt; Medium- uitdaging vir vroue – Annalise Hassman; Medium gemengde span – Bing Bong; Hoërskoolspan – Witblits; Graad 4-7 seuns – Janlo Joubert; Graad 4-7 dogters – Helena Lourens; Mini-uitdaging vir seuns – Basson Terblanche; Mini-uitdaging vir dogters – Marie Lourens. (LINDI BRILL)
