Goeie vordering word gemaak met die noodherstelwerk aan die N12 deur Meiringspoort, tussen De Rust en Klaarstroom.
Volgens die Wes-Kaapse minister van infrastruktuur, Tertuis Simmers, verloop die herstelprojek van R486 miljoen volgens plan.
Die doel is om die pad vroeg in Desember 2026 tydelik vir enkelbaanverkeer oop te stel. Dit sal deur middel van tydelike verbypadroetes moontlik gemaak word.
So het Meiringspoort gelyk ná die verwoestende vloedskade wat groot dele van die pad beskadig het:
Die volledige herstelwerk sal na verwagting eers teen einde Oktober 2028 afgehandel wees.
Die heropening sal welkome nuus wees vir motoriste wat tussen die Klein Karoo en die binneland reis, aangesien Meiringspoort ’n belangrike verbindingsroete is.
Die Hoorn sal lesers op hoogte hou van die jongste verwikkelinge en vordering met die herstelwerk.
Lees ook:
Teams unite to rescue 16 in Meiringspoort
Herstelwerk skryf nuwe hoofstuk in Meiringspoort se geskiedenis

Be the first to comment on "Meiringspoort kan in Desember tydelik heropen"