Laerskool Laurus-konsert – Sitkamer Manewales

Laerskool Laurus se leerders, het Dinsdagaand die gehoor aan die juig gehad met hul jaarlikse konsert. Vanjaar was die tema, Sitkamer Manewales.

Die “kinders” is by die huis gelaat terwyl hul ouers dorp toe gaan en daar ontdek hulle ’n boks vol langspeelplate, en cd’s waarna hulle luister.

Van die gewilde liedjies waarop dans-passies uitgevoer is, sluit in Greased Lightnin, Break my Stride, Queen of Hearts en selfs ’n Eloff keurspel.

Die konsert is op Woensdag- en Donderdagaand voor ’n uitverkoopte gehoor opgevoer. Foto’s Laerskool Laurus