NOODHERSTELWERK aan ’n 22 kv-Eskom-voerder gaan Sondag veroorsaak dat die Groter Oudtshoorn ’n andersoortige Moedersdag gaan hê.
Die dorp se elektrisiteit sal van 07:00 tot 18:00 af wees vir die herstelwerk.
Die voerder het sowat ’n maand gelede gebreek het.
Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, munisipale woordvoerder, kan daar nie met herstelwerk gewag word nie omdat erge elektrisiteitsprobleme kan ontstaan nadat heelwat besighede hul deure met die die instel van Fase 4 van die inperking geopen het.
“Elektrisiteitsverbruik het toegeneem en as die herstelwerk nie gedoen word nie, mag die dorp toevoerprobleme begin ondervind. Ons vra verskoning vir die ongerief wat dit mag veroorsaak.” (Deur Liesel le Roux)
Kragonderbreking op Moedersdag
