Deur Higgo Jacobs
DIE individuele stableford-gholfdag van die Oudtshoorn Gholfbaan Saterdag is gewen deur Kobus Griebenouw met ’n telling van 40 punte.
Piet Swanepoel (39) was tweede gevolg deur Pieter Hancke (37), Deon van Dyk (36) en Marthinus Oosthuizen (34).
Griebenouw het ook die boerpot gewen en Louis Fourie sr het op die 15de putjie die naaste aan die pen geslaan. Spogtwees is behaal deur Swanepoel op die 3de en Fourie op die 15de.
• Louis Slabbert het Woensdag, 30 Augustus, se individuele stableford-gholfdag met ’n telling van 40 punte gewen. Frans Cilliers, ook met 40, was op ’n uittel tweede. Willem Bur-ger (39) derde gevolg deur
Terry van Coller en Francois Verwey, albei met 38 punte.
Etienne Roos en Winston Coerecius het die boerpot gedeel. Barries Griebenouw het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan.
Billy Capel (3), Slabbert (3) en Van Coller (8) het spogtwees behaal.
• Gholfspelers kan uitsien na Saterdag se gholfdag wat deur Oudtshoorn Spar geborg word. Die formaat is ’n vierbal-alliansie.
Groot pryse is op die spel. Die opbrengs van die gholfdag is ten bate van die Oudtshoorn Gholfklub.
Vir navrae oor die gholfdag kan tel 044 2724201 geskakel word.
• Regstelling: Die naaswenners van die Famsa Gholfdag op Saterdag, 26 Augustus, was Jean Neethling, Willem Burger, Ettienne Roos en Francois Verwey. Die name op verle-de week se sportblad was verkeerd. Ons vra om verskoning vir enige ongerief daardeur veroorsaak.