Deur Garnett Wicomb
TWEE tennisspanne van Eden, die 200A-span en die 260-span, het die naweek hul afdelings in die jaarlikse Cradock Challenge gewen. Spanne van Eden, OP Vrystaat en Grens het aan die toernooi deelgeneem.
Die lede van die 260-span wat OP in die eindstryd geklop het, is Hanlé Cronje, Pietie van Zyl, June Smith, Ronnie van’t Hof, Muller Klopper, Sonja Botha, Maryna Olivier en Ernst Kok.
Die lede van die 200A-span wat Grens in die eindstryd geklop het, is Wehmeyer Ferreira, Rida Bester, Jacques de Beer, Debra Hyde, Helgard Müller, Christine van Coller, Johan Pretorius en Ka-rin Deltenre.