ALMAL ouer as 18 jaar wat twee maande gelede die enkeldosis J&J-entstof ontvang het, kan vanaf Maandag 17 Januarie hul versterkingsinspuiting (“booster’) gratis by die Mediclinic Klein Karoo op Oudtshoorn ontvang.
Die Mediclinic se vaksieneenheid is Maandae tot Donderdae van 7:30 tot 15:30 en Vrydae 7:30 tot 12:00 oop.
Neem jou identiteitsdokument saam. Lede van mediese fondse moet ook hul mediese fonds-kaart saamneem.