Inperking: Rusteloos na ’n week om weer te kan werk

SY was nog nooit sedert die begin van die inperking bang dat haar man siek sou word van die Covid-19-virus nie, sê Marelize Jansen (31) van Bongolethu, Oudtshoorn, omdat sy werk­gewers baie veilig­heids­maat­reëls daar­­gestel het om werkers veilig te hou.”

Haar man werk by die Klein Karoo Groep en moes steeds daagliks werk tydens die inperking.

Marelize self kon egter eers weer tydens Fase 4 begin werk by die huis waar sy voltyds drie seuns tussen die ou­der­domme van nege en 15 jaar oud oppas.

“Ten spyte daarvan dat ek nie aanvanklik kon werk nie, was ek be­voorreg om steeds my volle salaris by my werkgewer te kry.”

Sy het in daardie eerste weke van die inperking soveel moontlik by die huis gebly en net dorp toe gegaan toe sy haar salaris moet trek en belangrike inkopies moes doen.

Sy vertel dat sy egter na die eerste week van inperking rusteloos begin raak het en die kinders wat sy oppas begin mis het. Sy wou ook graag weer begin werk en iets konstruktief doen.

“Hoewel ek nie bang was by my huis nie, het ek ook nooit my seun (11) alleen winkel toe gestuur soos voor­heen nie, vir ingeval iemand hom dalk langs die pad sou beroof van kontant of sy inkopies.” (Deur Angelique Erasmus)