Gripen laat inwoners na asem snak

SUID-AFRIKA se eerste swart Gripen-vlieënier, kol Musa Mbhokota (52), was die man wat Maandag omstreeks 13:00 talle Oudtshoorniete na hul asems laat snak het.

’n Verbyvlug oor die dorp met ’n Saab JAS 39, ook bekend as Gripen-vegvliegtuig, het na ver-neem word deel uitgemaak van Mbhokota se voortgesette opleiding, ingevolge waarvan hy jaarliks ’n seker aantal ure moet vlieg om sy vlieg-lisensie in stand te hou.

Die Hoorn het met Jannie Scott (51), hoof van TFASA (Test Flying Academy of South Africa), op Oudtshoorn gesels. TFASA is ook ’n aandeelhouer in die AIFA (AVIC – International Flight Training Academy) op die dorp.

Volgens Scott, wat die agt jaar tussen 2008 en 2016 self ’n Gripen gevlieg het, is dié vegvliegtuie van Sweedse oorsprong. “Agt en twintig Gripen-vegvliegtuie is in 2008 deur die lugmag aange-koop, en het die Cheetah-vegvliegtuig vervang.”

Scott vertel dat die Gripen een van die beste vegvliegtuie is, en in 2010 tydens die wêreldbe-kersokkerwedstyd gebruik is om die stadions te beskerm.

“Dit is ’n absolute plesier om daarmee te vlieg, en is nie net kragtig nie, maar het ook baie spoed en is baie maneuvreerbaar.”

Hoewel die Gripen ’n ligte enkelenjinvegvliegtuig is, kan dit ’n topsnelheid van Mach 2 bereik. Dit is 2469,6 km/h wat twee keer die spoed van klank is.
Scott was 16 jaar lank ’n toetsvlieënier in die lugmag. Hy het sowat ’n jaar gelede na Oudts-hoorn verhuis.

“Ek het in 1987 my diensplig op Oudtshoorn gedoen, en is mal oor die dorp. Ek geniet dit ongelooflik baie hier,” sê hy. (Deur Angelique Erasmus)