Gratis WiFi hier in Oudtshoorn

Deur Ilze-Mari Gründling
OUDTSHOORNIETE kan deesdae gratis internet in sekere dele van Oudtshoorn geniet as gevolg van ’n inisiatief van die Wes-Kaapse Regering wat reeds in 2015 geloods is.

Gebruikers kry 300 MB data vir die eerste maand en daarna 250 MB asook gratis toegang tot gov.za-webtuistes. Enigiemand met ’n selfoon, tablet of rekenaar met WiFi-ontvangs kan van die diens gebruik maak. Afhangend van die topo­grafie het die hot spots ’n opvangsgebied van 200 m.

Op Oudtshoorn is gratis WiFi tans beskikbaar by die Oudtshoorn Hospitaal, Bongolethu Biblioteek, Bridgton Biblioteek, Môrester Sekondêr, Lan­genhoven Gimnasium, CJ Langenhoven Ge­denkbiblioteek, Saturnus Primêr, Dysselsdorp ­Bi­blioteek, Dysselsdorp Sekondêr en Bridgton Se­kondêr.

Hoe om te konnekteer:
• Gaan na device settings op jou WiFi-toestel.
• Soek vir WiFi-netwerke.
• Kies NeoHotspot.
• Kies connect.

Rig navrae aan 086 063 6835 of stuur ’n e-pos aan consumers@neotel.co.za. Meer inligting ook op https://www.westerncape.gov.za/general-publication/switching-public-wi-fi-hotspots-across-western-cape.